Kaleidoskoop – Hoofstuk 19 & 20 – Kolskooteinde

Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste hoofstukke te lees, klik op hierdie InLinkz skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999


downloadfileGeskryf deur Sielsoeker & Lekkervurig

Hoofstuk 19  Kolskoot

‘n Klop aan Daniella se kleedkamer deur roep haar terug uit haar mymeringe. Sy is besig om grimeer te word. Die groot slottoneel lê voor en sy is senuagtig.

Die verhaal van Nellie en al haar avonture en drome warrel deur haar gedagtes. Hoe gaan sy die toneel saambind? Sy sweet onder die verbande. (Nellie is in die hospitaal na ‘n botsing.)

Atholl Wolfaardt en Melinda Hoogenboesem se Kaleidoskoop-draaiboek maak dit nie maklik nie. ‘n Kind uit ‘n onwillige verhouding gebore.Weggegee, verguis, vervolg, en soveel keuses.

Sy sug toe die grimeerkunstenaar die laaste veeg oor haar gesig gee. “Daar, nou kan jy gaan wakker word en soos ‘n persoon pas uit ‘n koma,” sê grimeer kunstenaar Andrea Bush met haar pers bos deurmekaar hare. Daniella knipoog en hulle albei lag vir die makabare, bleek gesig, swartomkringde oë en bloukolle wat vir hulle in die spieël kaatsknipoog.

“Andrea, knap gedaan! Kom Daniella die hospitaalbed wag.”  Atholl vryf sy hande tevrede saam.

“Cobus, Sharmyne, op julle plekke. Marius, Sandra dis nou of nooit. Daniella,wag tot Cobus en Sharmyne in die kamer inkom,” blaf Atholl laaste opdragte.

“Stilte. Aksie,” roep Atholl. Daar sak ‘n speldval stilte oor die stel

Die kamera pan oor ‘n hospitaalbed, monitors piep, piep.. Die kamera swaai weg van die bed na die deur….

…………………………………………………………………………………………………

Renier en Lettie storm by Nellie se kamerdeur in. Hulle steek in hulle spore vas.

Nellie maak ‘n rustelose gebaar met haar hande, voel aan die laken en kyk skrefiesoë om mooi te fokus. Renier stap nader na Nellie en neem haar versigtig in sy arms.

“Nellie my lief, ek is jammer dat jy in hierdie situasie beland het! Ek sal so lank as wat ons lewe nooit weer dat jy iets oorkom nie.”

Lettie staan ook nou langs die bed, “Nellie my mens, hoe voel jy?”

“Waar is ek,” vra sy sag.

Jan en Ellie Visagie spring op. Jan sê “Nellie, my kind, jy hoef nie bang te wees nie, jy is veilig, jy was in ‘n ongeluk.”

Nellie onthou skielik wat gebeur het. Die ongeluk. Chris! Tannie Krissie! Gawie was deel hiervan!  Renier hou haar vas.

“Chris het van skok alles uitgeblaker, die sindikaat waarvan jou tannie en broer hoof was is oopgevlek, Chris, Klara en Gawie gaan die res van hulle lewens agter tralies sit,” se hy.

“Pa, ek moet vir pa iets sê. . . ”

Jan druk Nellie se hand styf vas. “Moenie bekommer nie my kind, ek weet.”

Ellie gryp Nellie se hand. “Vergewe ons…” Nellie probeer iets sê, maar daar is nie keer aan haar ma nie. “Ek is lief vir jou pa en ons kinders. Esra was wrokkig oor sy kinderlose huwelik. Ons was een dag alleen… Ag, my kind, dis swaar om hieroor te praat. Jy is ‘n slagoffer van een mens se ambisie. Net toe ons vrede maak met wat gebeur het, het Esra jou kom haal. Ons verblyf op die plaas is as losprys voor ons neergegooi. Waar sou ons met die ander kinders heen?” Trane biggel oor Ellie se wange.

Renier staan sprakeloos en Lettie wring haar hande inmekaar. Jan Visagie kyk weg.

“Ma, dit is alles in die verlede. Hier is ons nou bymekaar. Pa, kyk vir my,” sê Nellie saggies.

Jan Visagie draai om Nellie in die oë te kyk.

“Nooit weer sal daar van Jan Mankement en Ellie Vatlappie Visagie gepraat word nie,” Nellie lek oor haar droë lippe. Haar ma gee ‘n glas water aan en Nellie teug stadig ‘n slukkie water deur ‘n strooitjie. Sy druk haar ma se hand weg.

“Deur al  hierdie seerkry en die keuses wat ons gemaak het, en moes maak,” Nellie kyk diep in Renier se oë en dan draai sy stadig om haar ouers te sien.

“Ons lewens is in skerwe bymekaargelas om ‘n verbrokkelde beeld in iets beter te omskep. Soos ‘n kaleidoskoop het ons nie geweet wat volgende sou kom nie. Maar uit die seer is daar mooi. Ek is lief vir julle. Die plaas is nou my eiendom, maar ek het verantwoording om te doen. Nie al my keuses was eerbaar nie. Renier, jy moet my maar arresteer, ek is reg vir wat kom. Pa, ma die plaas is ons s’n. Raak asseblief net van die hoenders en groente ontslae. Dis sonneblom- en mielie wêreld. Ons kan vir die omgewing ‘n reuse hoenderbraai hou,” sy lag en haar gesig vertrek van pyn. Almal om haar glimlag en kommer tegelyk.

“Dink net.  Kaleidoskoop Boerdery. ‘n Nuwe naam en nuwe kleurvolle onthou om eendag na terug te kyk,” Nellie lê uitasem terug in Renier se arms.

“Cut! It’s a wrap! Vanfokkentasies,” gil Atholl.

Die stel bars in applous uit.

…………………………………………………………….

Hoofstuk 20  Die Einde

Dis ‘n gejil en geskreeu toe Daniella Liebenberg en Cobus Arendse agter uit die limousine klim. Daniella lyk asemrowend in ‘n bloedrooi skepping van Kosie Koekemoer. Cobus en die skare bewonderaars kan hulle oë nie van haar afhou nie.

“Daniella, Daniella….” Sy glimlag en haar oë skitter soos die knewel aan haar ringvinger. Kameras flits en dit gons.  Sy was nog nooit so gelukkig nie.

Die teater  is volgepak en dit ritsel en gons. Duur parfuum en naskeer vul die lug. Sharleen Surtie-Richards is op die verhoog.

“Dames en here, dis ‘n unieke situasie waarin ons ons vanaand by die SAFTAS bevind,” sy glimlag haar kuiltjies dieper en maak  met groot gebaar ‘n koevert oop.

“Nog nooit in die geskiedenis het so iets gebeur nie. Ons het rede om fees te vier. Daar is een film, een groep akteurs, een stel kameramanne, kostuumontwerpers, draaiboekskrywer en regisseur wat met elke prys in elke kategorie weggeloop het. Kaleidoskoop-span, kom verhoog toe,” roep Sharleen in haar hees stem uit.

Die gehoor is vir ‘n oomblik stom, en toe bars applous, ovasies en ‘n gefluit los. Die verhoog staan vol met Atholl Wolfaardt en Melinda Hoogenboesem stralend in die middel. Die beeldjies word uitgedeel. Mense lag, en omhels mekaar.

Daniella en Cobus tree vorentoe – die saal se dak lig.  Daniella lag en kyk oor die saal.

Kan die lewe beter raak? Dankie Nellie, vir jou storie. Dankie ek het die volle kaleidoskoop deurloop en nooit geweet jou storie sal soveel geluk bring nie. Die prys – ‘n Safta en die man!

Agter in die saal sien Daniella hoe staan Steve Hofmeyr en Leon Schuster snot en trane in mekaar se arms en huil. So groot verloor is onlekker.

Die sonlig lek lek oor die spierwit bed. Daniella sit kruisbeen en lees oor Coubus se skouer die koerant resensie deur die befaamde Noel van Porein.

Kaleidoskoop maak skoonskip

Geskiedenis is voorwaar by gisteraand se SAFTA toekenningsaand gemaak. Nog nooit het een fliek skoonskip gemaak en met elke toekenning weggeloop nie. Ek verneem groot name moes na die afloop berading ontvang. Daar is tot vroegdag feesgevier met rede.

‘n Sensasie. Die oplewing waarna die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf so lank na soek. Die geslag wat by die groot filmmakers en akteurs die fakkel kan oorneem. Kaleidoskoop wat met ‘n eina begroting en in ‘n onbekende regisseur se hande ‘n draaiboek wat min om die lyf gehd het,  ‘n kunswerk en lokettreffer.

Ek verneem vertroulik dat draaiboekskrywer Melinda Hoogenboesem ‘n groep mede-skrywers die eer gee vir die verhaal. Die resultaat is ‘n meesleurende verhaal van keuses en struikelblokke. Melinda noem die groep skrywers die Towerinne.

Daniella Liebenberg se spel het deurentyd oortuig. Haar Nellie se lewensdrang, soos Catniss van Hunger Games, om met haar keuses saam te leef, is wat hierdie verhaal besonders maak.

Die chemie tussen Liebenberg en Cobus Arendse het van die silwerdoek na die regte lewe oorgespoel. Die knewel aan haar ringvinger die kersie op die spreekwoordelike liefdeskoek.

Wat beïndruk is die droom en werklike belewnisse van Nellie Die tema van keuses en gevolge, van reg en onreg is slim verweef en sal aanklank by  rolprentfundis vind.

Jongmense is gek na die aksie, ouer mense die omstandighede waarin Nellie se ouers en sy self  hulle bevind het, herinner aan vroeër jare se swaarkry tye. Baie kinders, armoede. Die gevare wat Nellie in haar drome en werklik beleff het, ‘n harde weërspieëling van die moderne samelewing. ‘n Waarskuwing om te weet keuses het gevolge. Gevolge wat nie noodwendig na ‘n mens se sin sal wees nie.

Die naam Kaleidoskoop tref  die kol. Nes die regte lewe, jy weet nooit wat volgende kom nie, Waar die pad sal lei nie, of jy verder ry en of jy omdraai. Niks is ooit voorspelbaar nie Die goue draad in die verhaal is wat my aanbetref dat ‘n mens se pad, ongeag keuses, jou na jou lotsbestemming sal lei. Dis in die sterre geskrywe.

Gaan kyk die fliek. Dit kry 10/10.

Fliekvlooi groete.

Cobus gooi die koerant eenkant en swaai om. Hy neem Daniella in sy arms en soen haar hartstogtelik. “My kaleidoskoop meisie, wat volgende,” fluister hy in haar oor.

“’n Nuwe dag met nuwe moontlikhede,” fluister Daniellla en soen hom met oorgawe.

14 thoughts on “Kaleidoskoop – Hoofstuk 19 & 20 – Kolskooteinde

  1. 💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃Ons het gewen!!!! Sielsoeker, jy is ń uitstekende skrywer. Dankie, dankie vir ons storie se wen-slothoofstuk. Ek het net mooi geen idee hoe jy kon kophou en al die los punte bymekaar vat nie! Well done. Ek gee jou ń staande ovasie.🍸

    Liked by 1 person

  2. Wat ‘n perfekte einde – amper herhaal ek Athol se woorde! Ek weet ook nie hoe jy dit reggekry het om alles so perfek saam te vat nie, maar jy het en daarom wen ons almal die toekennings! Jippie en pragtig!

    Liked by 2 people

  3. Julle is ‘n wenspan en hierdie is ‘n wen-einde van ‘n verhaal wat gesoek het om vertel te word. Baie dankie. Die fliek verdien elke moontlike toekenning. Leon Schuster en Steve Hofmeyer in mekaar se arms, hahaha 😄 😃 😀 amper het ek nou my niekerbôl ingesluk. Ek sal daar wees vir die hoenderbraai!

    Liked by 3 people

Leave a Reply to sonell Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s