Stoepkuier. Uiteindelik

#ImStaying

Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Sjoe, amper het ek nooit weer langbeen in die oggend koelte kom sit en kuier nie. Die weke sedert ons blitsig Graaff-Reinet toe en terug, was vir my gemoed net te veel.

Jinne, Johnny Clegg, Chester Williams en ander besluit dis engelvlerk tyd, net so. Ons land beleef amper sy eie lente oproer met die simpele xenofobe en die boosaardige seermakers van vroue en kinders. Die gekook en geborrel en kwaad het my empaat gemoed geheel en al ingesluk. Bloubekruip het vry rondegehol en my arme huis het maar net gekyk hoe ek loop en brom en stilbly en slaap.

En tog, kort kort was daar so glim van hoop. Die Ndlovu Jeugkoor. Daardie derduisende vroue wat saamgetrek het en vir Cyril tot praat gedwing het – sjoe en het saam begin skree.

Maar die manier wat die polisie die vroue behandel het… ag, daar val ek weer krans…

View original post 804 more words

Advertisements

Watter # kies jy?

Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Lekkervurige-ekke wil dit duidelik stel dat ek geen teologiese of argeologiese opleiding het nie. Dat ek Die Woord van God, die Bybel van kleintyd as ‘n gunsteling metgesel en rigtingbepaler vir my kleingeloof en besluitneming beskou. Opreg, kinderlik. Oor die jare het ek geleer met die nodige skroom en baie gebede, en met onderskeiding meer kere my eie terkortkominge en menslikheid leer verstaan het, as enigeiets anders. My Paulus-doring-in-die-vlees is my oplvieënde geaardheid. ‘n Vreeslike sin vir reg en verkeerd. So,meermale sit ek my voet in ‘n ding en draai dit nog dwars ook. Soos Koos Doep sing: “elke afdraaipadjie ken ek, elke keer het ek verdwaal.” Maar dank Vader, ek is meermale skoppend en skreeuend aan my oor gevat en terug gehaal. Genade op genade. So liewe leser, bere dit nou iewers en laat my toe om iets op my hart hier uit te skrywe.

Dié is ‘n ompad…

View original post 1,448 more words

Kaleidoskoop – Hoofstuk 19 & 20 – Kolskooteinde

Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste hoofstukke te lees, klik op hierdie InLinkz skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999


downloadfileGeskryf deur Sielsoeker & Lekkervurig

Hoofstuk 19  Kolskoot

‘n Klop aan Daniella se kleedkamer deur roep haar terug uit haar mymeringe. Sy is besig om grimeer te word. Die groot slottoneel lê voor en sy is senuagtig.

Die verhaal van Nellie en al haar avonture en drome warrel deur haar gedagtes. Hoe gaan sy die toneel saambind? Sy sweet onder die verbande. (Nellie is in die hospitaal na ‘n botsing.)

Atholl Wolfaardt en Melinda Hoogenboesem se Kaleidoskoop-draaiboek maak dit nie maklik nie. ‘n Kind uit ‘n onwillige verhouding gebore.Weggegee, verguis, vervolg, en soveel keuses.

Sy sug toe die grimeerkunstenaar die laaste veeg oor haar gesig gee. “Daar, nou kan jy gaan wakker word en soos ‘n persoon pas uit ‘n koma,” sê grimeer kunstenaar Andrea Bush met haar pers bos deurmekaar hare. Daniella knipoog en hulle albei lag vir die makabare, bleek gesig, swartomkringde oë en bloukolle wat vir hulle in die spieël kaatsknipoog.

“Andrea, knap gedaan! Kom Daniella die hospitaalbed wag.”  Atholl vryf sy hande tevrede saam.

“Cobus, Sharmyne, op julle plekke. Marius, Sandra dis nou of nooit. Daniella,wag tot Cobus en Sharmyne in die kamer inkom,” blaf Atholl laaste opdragte.

“Stilte. Aksie,” roep Atholl. Daar sak ‘n speldval stilte oor die stel

Die kamera pan oor ‘n hospitaalbed, monitors piep, piep.. Die kamera swaai weg van die bed na die deur….

…………………………………………………………………………………………………

Renier en Lettie storm by Nellie se kamerdeur in. Hulle steek in hulle spore vas.

Nellie maak ‘n rustelose gebaar met haar hande, voel aan die laken en kyk skrefiesoë om mooi te fokus. Renier stap nader na Nellie en neem haar versigtig in sy arms.

“Nellie my lief, ek is jammer dat jy in hierdie situasie beland het! Ek sal so lank as wat ons lewe nooit weer dat jy iets oorkom nie.”

Lettie staan ook nou langs die bed, “Nellie my mens, hoe voel jy?”

“Waar is ek,” vra sy sag.

Jan en Ellie Visagie spring op. Jan sê “Nellie, my kind, jy hoef nie bang te wees nie, jy is veilig, jy was in ‘n ongeluk.”

Nellie onthou skielik wat gebeur het. Die ongeluk. Chris! Tannie Krissie! Gawie was deel hiervan!  Renier hou haar vas.

“Chris het van skok alles uitgeblaker, die sindikaat waarvan jou tannie en broer hoof was is oopgevlek, Chris, Klara en Gawie gaan die res van hulle lewens agter tralies sit,” se hy.

“Pa, ek moet vir pa iets sê. . . ”

Jan druk Nellie se hand styf vas. “Moenie bekommer nie my kind, ek weet.”

Ellie gryp Nellie se hand. “Vergewe ons…” Nellie probeer iets sê, maar daar is nie keer aan haar ma nie. “Ek is lief vir jou pa en ons kinders. Esra was wrokkig oor sy kinderlose huwelik. Ons was een dag alleen… Ag, my kind, dis swaar om hieroor te praat. Jy is ‘n slagoffer van een mens se ambisie. Net toe ons vrede maak met wat gebeur het, het Esra jou kom haal. Ons verblyf op die plaas is as losprys voor ons neergegooi. Waar sou ons met die ander kinders heen?” Trane biggel oor Ellie se wange.

Renier staan sprakeloos en Lettie wring haar hande inmekaar. Jan Visagie kyk weg.

“Ma, dit is alles in die verlede. Hier is ons nou bymekaar. Pa, kyk vir my,” sê Nellie saggies.

Jan Visagie draai om Nellie in die oë te kyk.

“Nooit weer sal daar van Jan Mankement en Ellie Vatlappie Visagie gepraat word nie,” Nellie lek oor haar droë lippe. Haar ma gee ‘n glas water aan en Nellie teug stadig ‘n slukkie water deur ‘n strooitjie. Sy druk haar ma se hand weg.

“Deur al  hierdie seerkry en die keuses wat ons gemaak het, en moes maak,” Nellie kyk diep in Renier se oë en dan draai sy stadig om haar ouers te sien.

“Ons lewens is in skerwe bymekaargelas om ‘n verbrokkelde beeld in iets beter te omskep. Soos ‘n kaleidoskoop het ons nie geweet wat volgende sou kom nie. Maar uit die seer is daar mooi. Ek is lief vir julle. Die plaas is nou my eiendom, maar ek het verantwoording om te doen. Nie al my keuses was eerbaar nie. Renier, jy moet my maar arresteer, ek is reg vir wat kom. Pa, ma die plaas is ons s’n. Raak asseblief net van die hoenders en groente ontslae. Dis sonneblom- en mielie wêreld. Ons kan vir die omgewing ‘n reuse hoenderbraai hou,” sy lag en haar gesig vertrek van pyn. Almal om haar glimlag en kommer tegelyk.

“Dink net.  Kaleidoskoop Boerdery. ‘n Nuwe naam en nuwe kleurvolle onthou om eendag na terug te kyk,” Nellie lê uitasem terug in Renier se arms.

“Cut! It’s a wrap! Vanfokkentasies,” gil Atholl.

Die stel bars in applous uit.

…………………………………………………………….

Hoofstuk 20  Die Einde

Dis ‘n gejil en geskreeu toe Daniella Liebenberg en Cobus Arendse agter uit die limousine klim. Daniella lyk asemrowend in ‘n bloedrooi skepping van Kosie Koekemoer. Cobus en die skare bewonderaars kan hulle oë nie van haar afhou nie.

“Daniella, Daniella….” Sy glimlag en haar oë skitter soos die knewel aan haar ringvinger. Kameras flits en dit gons.  Sy was nog nooit so gelukkig nie.

Die teater  is volgepak en dit ritsel en gons. Duur parfuum en naskeer vul die lug. Sharleen Surtie-Richards is op die verhoog.

“Dames en here, dis ‘n unieke situasie waarin ons ons vanaand by die SAFTAS bevind,” sy glimlag haar kuiltjies dieper en maak  met groot gebaar ‘n koevert oop.

“Nog nooit in die geskiedenis het so iets gebeur nie. Ons het rede om fees te vier. Daar is een film, een groep akteurs, een stel kameramanne, kostuumontwerpers, draaiboekskrywer en regisseur wat met elke prys in elke kategorie weggeloop het. Kaleidoskoop-span, kom verhoog toe,” roep Sharleen in haar hees stem uit.

Die gehoor is vir ‘n oomblik stom, en toe bars applous, ovasies en ‘n gefluit los. Die verhoog staan vol met Atholl Wolfaardt en Melinda Hoogenboesem stralend in die middel. Die beeldjies word uitgedeel. Mense lag, en omhels mekaar.

Daniella en Cobus tree vorentoe – die saal se dak lig.  Daniella lag en kyk oor die saal.

Kan die lewe beter raak? Dankie Nellie, vir jou storie. Dankie ek het die volle kaleidoskoop deurloop en nooit geweet jou storie sal soveel geluk bring nie. Die prys – ‘n Safta en die man!

Agter in die saal sien Daniella hoe staan Steve Hofmeyr en Leon Schuster snot en trane in mekaar se arms en huil. So groot verloor is onlekker.

Die sonlig lek lek oor die spierwit bed. Daniella sit kruisbeen en lees oor Coubus se skouer die koerant resensie deur die befaamde Noel van Porein.

Kaleidoskoop maak skoonskip

Geskiedenis is voorwaar by gisteraand se SAFTA toekenningsaand gemaak. Nog nooit het een fliek skoonskip gemaak en met elke toekenning weggeloop nie. Ek verneem groot name moes na die afloop berading ontvang. Daar is tot vroegdag feesgevier met rede.

‘n Sensasie. Die oplewing waarna die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf so lank na soek. Die geslag wat by die groot filmmakers en akteurs die fakkel kan oorneem. Kaleidoskoop wat met ‘n eina begroting en in ‘n onbekende regisseur se hande ‘n draaiboek wat min om die lyf gehd het,  ‘n kunswerk en lokettreffer.

Ek verneem vertroulik dat draaiboekskrywer Melinda Hoogenboesem ‘n groep mede-skrywers die eer gee vir die verhaal. Die resultaat is ‘n meesleurende verhaal van keuses en struikelblokke. Melinda noem die groep skrywers die Towerinne.

Daniella Liebenberg se spel het deurentyd oortuig. Haar Nellie se lewensdrang, soos Catniss van Hunger Games, om met haar keuses saam te leef, is wat hierdie verhaal besonders maak.

Die chemie tussen Liebenberg en Cobus Arendse het van die silwerdoek na die regte lewe oorgespoel. Die knewel aan haar ringvinger die kersie op die spreekwoordelike liefdeskoek.

Wat beïndruk is die droom en werklike belewnisse van Nellie Die tema van keuses en gevolge, van reg en onreg is slim verweef en sal aanklank by  rolprentfundis vind.

Jongmense is gek na die aksie, ouer mense die omstandighede waarin Nellie se ouers en sy self  hulle bevind het, herinner aan vroeër jare se swaarkry tye. Baie kinders, armoede. Die gevare wat Nellie in haar drome en werklik beleff het, ‘n harde weërspieëling van die moderne samelewing. ‘n Waarskuwing om te weet keuses het gevolge. Gevolge wat nie noodwendig na ‘n mens se sin sal wees nie.

Die naam Kaleidoskoop tref  die kol. Nes die regte lewe, jy weet nooit wat volgende kom nie, Waar die pad sal lei nie, of jy verder ry en of jy omdraai. Niks is ooit voorspelbaar nie Die goue draad in die verhaal is wat my aanbetref dat ‘n mens se pad, ongeag keuses, jou na jou lotsbestemming sal lei. Dis in die sterre geskrywe.

Gaan kyk die fliek. Dit kry 10/10.

Fliekvlooi groete.

Cobus gooi die koerant eenkant en swaai om. Hy neem Daniella in sy arms en soen haar hartstogtelik. “My kaleidoskoop meisie, wat volgende,” fluister hy in haar oor.

“’n Nuwe dag met nuwe moontlikhede,” fluister Daniellla en soen hom met oorgawe.

Lê-Jou-Eier Bloguitdaging: Kaleidoskoop Hoofstuk 11 – Nuwe patroon

Maar toe sy by oom Esra-hulle op die plaaswerf inry, staan hy haar en inwag. Hoe nou gemaak? Sy kan nie besluit nie: Lyk hy kwaad, of lyk hy verlig?

Nellie sien die verligting op Oom Esra se gesig. Tipies Nellie voel sy sleg en spyt. Sy moet vir Oom Esra jammer sê. . . .
Met die skree die regisseur, Atholl Wolfaardt “CUT! Nee, nee, nee Daniella! waar is die emosie?”
Daniella Liebenberg sug hardop. Dit is die tiende keer wat hierdie toneel onderbreek word oor haar toneelspel te min ‘emosie’ het.
Wat besiel haar om telkens tevrede te moet wees met hierdie Mona Kotze tipe rolle? En watter jong vrou in haar twintigs in vandag se tyd wil haar hoendertjies gaan kry en net dankbaar wees vir wat sy het? Wat het Melinda gedink toe sy hierdie draaiboek geskryf het?
“Ek kan nie meer so aangaan nie,” sê Daniella en klim uit die ou skedonk. “Atholl, ek gaan nie verder voor ek, jy en Melinda Hoogenboesem hierdie Nellie karakter regruk nie! Ek wag in my aantrekkamer vir julle.”
Daniella hoor ‘n klop aan die deur. “Kom binne.” Atholl kom in gevolg deur ‘n ontevrede Melinda. “Ek hoor jy het ‘n probleem met die karakter, Daniella?”
Daniella druk die blonde krulle uit haar gesig. “Hierdie storielyn was aanvanklik so goed geskryf en ek was vreeslik opgewonde om saam met jou te werk, maar iewers is die pot mis gesit. Ons storie se naam is Kaleidoskoop. Dit impliseer verrassings en wendings. Mens moet verstom wees oor wat volgende kom. Kleurvol en interressant, alles behalwe voorspelbaar. Waarom kan Nellie nie ‘n byderwetse, moderne vrou wees met drome en planne soos aan die begin van die draaiboek nie, dit voel of ons besig is met ‘n sepie soos Days of our lives,” sê Daniella en gooi haar hande in die lug. “Ons gaan beslis nie ‘n Safta toekenning kry met hierdie Aspoestertjiestorie nie.”
Atholl knik sy kop en kyk na Melinda, “Ek stem saam met Daniella, ons kan beter doen.” Melinda kyk verbaas na Atholl, “Dis nie asof julle al ‘n leeftyd skryf nie en ek het al toekennings ontvang.” Atholl skud sy kop en kyk na Melinda. “Jy het miskien al baie toekennigs ontvang maar ek sal self graag met een wil huis toe gaan.”
Daniella voeg by:”Dink jy nie Nellie het dit in haar om die heldin van haar verhaal te wees nie? Kom ons gee haar ‘n stem en gee die gehoor iets om na uit te sien as die film op die silwerdoek verskyn.”
Na ‘n lang stilte sê Melinda: “Julle het ‘n punt beet. Nou toe, laat ons wegspring, ons het nie meer baie tyd oor om hierdie film klaar te maak nie. Draai sy Kimberley toe en gaan maak dinge reg met Renier? Of gaan sy Bloemhof toe, vandaar verder noord. Weg na ‘n nuwe lewe?”
“Ek dink Nellie moet terugkeer Kimberley toe en vir Renier en die gereg haar dilemma verduidelik. Dalk kan liefdevolle geregtigheid geskied. . . en ek sal ook nie omgee om ‘n paar soene by die Renier-akteur te steel nie,” sê Daniella en knipoog.
Atholl lag uit sy maag en Melinda kan nie help om te glimlag nie. “Ek beter aan die werk spring sodat julle met die verfilming kan voortgaan. ‘n Selfversekerde Nellie wat ‘n sindikaat oopvlek en die man kry. Nou ja toe.”
‘n Paar dae later is Daniella se nuwe Nellie terug by die kruispad op die geleende motorfiets.
Sy sit die flikkerlig aan en draai in Kimberley se rigting.
Gaan Nellie Renier kan oortuig dat sy nie deel is van die sindikaat nie of gaan sy self moet plan maak om uit hierdie gemors te kom?

 

Leef jou streep aka lewe

Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Dashget-a-tattoo-funeral
Ek is in die onlangse verlede aanhoorder van ‘n argument oor Jack Parow se musiek en lirieke. Een verklaar passievol dat hy die man en sy musiek glad nie laaik nie. “Ek probeer maar my streep dun hou,”  kwinkslag hy. ‘n Ander vriend sê droogweg:”Ons almal het maar strepe.”  En die terugkap: “Party s’n is net breër.” My dogter wat ook nie op haar bekkie geval is nie, raak betrokke en verklaar dat brëe strepe die nuwe swart is.
Ja, vir Jack laaik jy of jy laaik hom nie. Ek luister na die man. Daar is goed wat my nie aanstaan nie, maar kletsrym is sosiale kommentaar, en ‘n mens leer en verbreed jou eie storie deur te luister. Ek is ook gek na Fokofpolisiekar, Valiant Swart, Koos Kombuis. Ek is ook mal oor Coenie de Villiers, Jannie du Toit,  en so aan.
Is my streep nou dun maar diep…

View original post 538 more words

Genoeg is genoeg!

Vanoggend word ek wakker en hardloop deur my naweekroetine soos ek nog altyd doen. Maar iets ruk heeltyd aan my hart. Daai onbeskryflike emosie wat jy nie kan of wil beskryf nie.

Eintlik steek hierdie gevoel al ’n geruime tyd sy kop uit. Soos gewoonlik skud ek dit af en gaan aan met my dag. By die winkels besluit ek sommer,  vanaand braai ek op my eie. Met my gunsteling wyn en musiek. Net ek.

By die huis aangekom, speel ek met my honde en gaan lê op die bank en huur ’n fliek . Gou raak ek aan die slaap en word wakker toe die son groet. Die huis is stil die hondjies slaap ook. Ek sit musiek aan en Muse  sing in die agtergrond.  Die lirieke sny diep:

“When hope and love has been lost
And you fall to the ground
You must find a way
When the darkness descends
And you’re told it’s the end
You must find a way
When God decides to look the other way
And a clown takes the throne
We must find a way
Face the firing squad
Against all the odds
You will find a way
Dig down
Dig down
Dig down
And find faith
When you’re close to the edge
With a gun to your head
You must find a way
When friends are thin on the ground
And they try to divide us
We must find a way
We have entered the fray
And we will not obey
We must find a way
Yeah

Herinner my aan Freddy Mercury  en Queen, en “We are the champions” en “I want to break free”…

Besield stap ek uit met ’n doel, begin die braaier regskuif,  gaan spesery  my vleisie wat ek wil braai.

Ek dink aan my pa en ma wat my al van kleintyd af geleer het hoe om selfstandig te wees.  Ek kan dit doen. Op my eie wees.

Soos ‘n monster kom daai gevoel weer en hy wys homself in sy volle glorie. Stop my in my spore.

Ek begin twyfel oor my hele bestaan.  Die stem in my kop vra: “Hoekom is ek hier, waarom is ek alleen?”

Al die opmerkings van vriende en familie oor die jare vlieg deur my gedagtes:

“Jy moet nie TE selfstandig wees nie.”

“ Jy moet vir ’n man wys jy het hom nodig, vra vir hulp met goedjies in en om die huis.”

“Verloor gewig, kyk na jouself, ruik altyd lekker.”

“Moenie te veel drink nie, moenie rook nie.”

“Was jou hare, grimeer mooi.”

“Dit kan nie so moeilik wees om iemand te ontmoet nie. ”

Die lys het nie einde nie.

Ek was te bang om ’n  vuurtjie vir myself te maak, ’n vleisie op my eie te braai en  ’n glasie wyn te geniet, want wat gaan die mense sê en wat gaan mans dink as hulle uitvind ek het nie een van hulle nodig om na my te kyk nie?

Net daar besluit ek in my alleenwees GENOEG IS GENOEG!  Ek is 31jaar oud, ek geniet musiek, braai en wyn drink.

En ja, ek het nie ’n man nodig om hierdie goed vir my te maak gebeur nie.

Ek sal in geloof bly wag vir die regte een om op my pad te kom, die een man wat God vir my bestem het.

Ek sal vir hom ook ’n vuurtjie aansteek en hy kan self die vleis eendag braai.

Vir nou sal ek alleen braai en my wyn drink.

Cheers.

Alleen braai